Local newsSport

Elsburg veg terug vir ‘n oorwinning

Heidelberg het die meeste van hul geleenthede in die eerste helfte gebruik en het ‘n gemaklike voorsprong opgebou.

Heidelberg Rugbyklub het hul Presidentsliga wedstryde teen Elsburg Rugbyklub op 13 April gespeel.

Die wedstryde was tuiswedstryde op die Hoër Volkskool se velde en Heidelberg se eerste span moes die knie buig teen hul opponente met ‘n eindtelling van 27-28.

Elsburg het eerste punte aangeteken met ‘n strafskop wat suksesvol deur die pale geskop was.

Heidelberg was volgende om punte aan te teken deur ‘n drie wat gedruk was. Die vervyfskop was mis gewees.
Heidelberg het ‘n verdere twee drieë gedruk, een vervyfskop en een strafskop in punte omskep. Elsburg het twee verdere strafskoppe deur die pale geskop.

Heidelberg het die meeste van hul geleenthede in die eerste helfte gebruik en het ‘n gemaklike voorsprong opgebou.

Teen halftyd was die telling 20-9 in Heidelberg se guns.

In die tweede helfte het Elsburg opvangwerk gedoen en ‘n verdere 19 punte aangeteken wat een drie, vervyfskop en vier strafdoele ingesluit het.

Heidelberg het op die einde ‘n drie gedruk wat verdoel was, wat die wedstryd op ‘n klimaks laat afstuur het.
Ongelukkig het die frustrasies beide spanne die oorhand laat kry en ‘n volle spangeveg het ontstaan tussen die twee spanne.

Afrigters van beide spanne moes op die veld hardloop om die spelers uitmekaar te hou.

Daar was drie geelkaarte vir ongeoorloofde spel tydens die wedstryd uitgedeel.

Strafskoppe aan beide kante was volop gewees, met Heidelberg wat 18 afgestaan het en Elsburg nege.

Ongelukkig moes een van Berge se spelskeppers, Jason van Jaarsveld die veld verlaat met ‘n besering wat die span ietwat gekortwiek het.

Heidelberg se tweede span het gesukkel teen Elsburg se tweedes en moes met 33-5 die aftog blaas.

Heidelberg het een drie gedruk teenoor Elsburg se vyf drieë en vier doelskoppe.

Related Articles

 
Back to top button