Local news
Heigel Fotoklub se Maart wenners aangewys
Heigel Fotoklub se lede kom weer op 8 Mei bymekaar.
Die Heigel Fotoklub, wat fotograwe van Heidelberg en Nigel insluit se maandelikse vergadering het 10 April in Nigel plaasgevind.
Tydens die vergadering is die sowat 30 inskrywings vir Maart beoordeel en die wenners aangewys.
Die wenfoto’s vir die maand soos deur die beoordelaars bepaal is:
Voorgeskrewe onderwerp: samestelling in kleur: Viool Speler deur Masissa Enslin.
Algehele wenfoto: Visarend in vlug deur Dawie de Villiers.
Junior wenfoto: Kransduif deur Lukas van der Merwe.
Heigel Fotoklub lede kom weer op 8 Mei bymekaar.
Persone wat meer oor die klub te wete wil kom kan die voorsitter Francois van Jaarsveld 083 659 9657 kontak.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




