Local news

Vele hande maak ligte werk

Van aartappels uitdeel tot sypaadjie skoonmaak is waarmee die lede die afgelope tyd besig was.

Solidariteit Helpende Hand Heidelberg-tak is hard aan die woeker vir Heidelberg en die gemeenskap.

Die afgelope week het die organisasie, met Patricia Meyer aan die spits, eers aartappels wat aan hulle geskenk was, aan lede van die gemeenskap, wat dit broodnodig gehad het, uitgedeel.

Nico Janse van Vuuren hard aan die spit.

Helpende Hand het ook ‘n sypaadjie aangeneem as deel van Heidelberg Hope se ‘adopt a sidewalk-’ projek is.
Dié sypaadjie is op die R42 net voor Hoër Volkskool en die militêre basis.

Helpende Hand se Nigel-tak voorsitter, Nico Janse van Vuuren het gehelp om die skenking van aartappels te versprei.

Lede van die tak asook die voorsitter van die Nigel tak, Nico Janse van Vuuren, het onlangs fluks gewerskaf om die sypaadjie reg te ruk.

Hans Meyer het fluks sy deel gedoen.

Persone wat meer oor die organisasie te wete wil kom of belangstel om daarby aan te sluit kan Patricia Meyer by 083 305 3577 kontak.

Bianca Badenhorst, Annemarie van der Berg, Nico Janse van Vuuren, Hans Meyer en Elize van den Berg by die sypaadjie wat Solidartiteit Helpende Hand se Heidelberg-tak aangeneem het.

Related Articles

 
Back to top button