Local news

Sektor Wilger hou jaarvergadering

‘n Braai sal na afloop van die vergadering gehou word.

Die Suid-Afrikaanse Weermag Vereniging (SAWV), Eenheid Suikerbos gaan op 4 Mei ‘n Sektor Wilger 1.4 algemene jaarvergadering hou.

Sektor Wilger sluit Eenheid Suikerbos (Heidelberg), Eenheid Kliprivier (Kliprivier en Meyerton), Eenheid Kiewiet (Vereeniging) en Eenheid Bokmakierie (Vanderbijpark) in.

“Die vergadering is oop vir alle bestaande lede, oud-weermag lede wat voor 1994 in die weermag was, asook nuwe belangstellende weermag- en uniformdraende lede wat wil aansluit,” het Frik van Niekerk, voorsitter van Eenheid Suikerbos gesê.

Dit is ook ‘n geleentheid waar interaksie tussen weermag veterane en die gemeenskap geskep kan word.

Die vergadering sal by die Ranch net buite Heidelberg op die R42 in die rigting van Meyerton gehou word.
Dit sal om 10:00 begin maar die bestuur het versoek dat almal reeds om 09:30 opdaag.
‘n Braai sal na afloop van die vergadering gehou word.
Vir meer inligting kan Lydia Botha by 071 438 3002 geskakel word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button