Local news

Nigel VLU staan uit by konferensie

Anna-Marie Axer was aangewys as die lid met die meeste punte tydens die VLU Goudrifstreek konferensie.

Die Nigel-tak van die Vroue Landbou-Unie het tydens hul vergadering op 11 April gespog met die toekennings wat die lede tydens die VLU Goudrifstreek konferensie in Februarie verwerf het.

Anna-Marie Axer (voorsitter) was aangewys as die lid met die meeste punte tydens die konferensie; Elsa Greyling het ‘n eerste plek behaal vir haar jaarprogram wat sy ontwerp het en Riekie Kieck se fotografie het aan haar ‘n eerste plek besorg.

Kitty Bronkhorst en Hettie Botha het ook pryse vir hul vaardighede ontvang.

Susan Valentin het met haar haikoe talent ‘n tweede plek ontvang, en Kitty Bronkhorst ook ‘n tweede plek vir laslappiewerk.

Anna-Marie Axer, voorsitter van VLU Nigel tak was aangewys as die lid met die meeste punte tydens die VLU Goudrifstreek konferensie.

Annatjie van der Merwe se rolkoek het vir haar ‘n tweede plek besorg en vir pragtige mosïek het Theresa Scholtz ‘n tweede plek behaal.

Verskeie ander lede het ook pryse ingepalm.

Anna-Maire het die lede bedank vir elkeen se toegewydheid en genoem hoe trots dit vir haar as voorsitter is om soveel pryse vir die tak te kon inpalm.

Die volgende vergadering sal op 9 Mei plaasvind.

Vir meer inligting kontak Elsa Greyling by 083 703 1763.

Related Articles

 
Back to top button