‘n Groep oud-weermag lede bestaande uit militêre veterane van Meyerton en Heidelberg (Mid-Vaal) area het ‘ n nuwe operasie gestig.
Operasie Rooihaan Broers het op 13 April, tydens die stigtingsvergadering, die lig gesien.
Die vergadering het by die Rooihaan Kafee by die Suikerbosoord plaasgevind.
Operasie Rooihaan Broers is onder die vaandel van SAMVOZA (South Africa Military Veterans Organisations) maar die take en hulp wat hulle sal verrig is apart van die organisasie.
SAMVOZA spits hulle toe op gewese uniformdraers wat die land beskerm het wat binne en buite Suid-Afrika woonagtig is.
Een van Operasie Rooihaan se fokuspunte sal wees om persone wat trauma ervaar by te staan.
Daar sal onder andere na Posttraumatiese Stresversteuring- (PTSV) en geestelike berading gevalle gekyk word.
Die groep is nie uitsluitlik net vir weermaglede nie maar ook vir ander uniformdraende lede wat diens gedoen het om die land te beskerm.
Vir meer inligting kontak Johan Lochem op 073 517 7863.



