Local news

Nigel Skoon hou dorp mooi

Vir meer inligting of om betrokke te raak kan Ilze Willemse by 079 850 4791 gekontak word.

Die vrywilligers van Nigel Skoon het op 13 April boereworsrolle verkoop voor die Ferryvale Spar om die gemeenskap bewus te maak van die organisasie en om fondse in te samel vir die werk wat hulle doen.

Nigel Skoon is in Januarie 2023 deur Ilze Willemse gestig.

Sy het vanaf Rustenburg na Nigel getrek en dadelik verlief geraak op die mooi dorpie.

“Soos wat ek die dorp leer ken het, het ek kinders in die parkie sien speel, maar jy kon net hul gesiggies sien omdat die gras so lank was,” het Ilze vertel en genoem dat dit haar geïnspireer het om Nigel Skoon te begin.

“Die gemeenskap in Nigel is baie lief vir hul dorp en plaaslike besighede is nou betrokke by die projekte wat ons aanpak,” het sy gesê.

André Moolman, wat oorspronklik van Bloemfontein afkomstig is, was die boerewors braaier en het vertel dat hy die afgelope agt jaar in Nigel bly.

André Moolman is deel van die Nigel Skoon span. Hy het die boereworsrolle gebraai en vertel dat hy dit geniet om deel te wees van die gemeenskapsprojek om die dorp skoon te hou.

“Ek is lief vir die dorp en die gemeenskap en geniet dit om betrokke te wees,” het hy vertel.

Vrywilligers van die Nigel Skoon projek sorg vir die sny van gras in die parkie en kyk ook na die sypaadjies en die sirkel by Laerskool Tini Vorster.

Nigel Skoon is nog nie ‘n nie-winsgewende organisasie en is tans net ‘n vrywillige gemeenskapsprojek.

Van die vrywilligers van Nigel Skoon wat die lang gras in die omgewing van Nigel takel om te sorg dat die dorp mooi bly.

“Ons doen nie die munisipaliteit se werk nie, ons werk saam met hulle om aan te vul met skoonmaak take waar hulle nie bykom nie,” het Ilze vertel.

Jana Volschenk wat ook ‘n vrywilliger is, het vertel dat haar pa, Blackie Volschenk, wat in 2021 aan Covid oorlede is, van 1970 af in Nigel gewoon het en altyd ‘n hart vir die dorp en gemeenskap gehad het.

Sy volg nou in haar pa se voetspore om sy nalatenskap te volg.

“Ons is baie dankbaar teenoor elke persoon of besigheid wat ons tans ondersteun.

Nigel Skoon vrywilligers het op 13 Aoril boereworsrolle verkoop om die gemeenksap bewus te maak van hul werk en om fondse in te samel vir hul skoonmaak projekte.

“Ons sal nie die skoonmaak projekte sonder hulle kon doen nie, maar daar is altyd ‘n nood vir vrywilligers en nog borge om ons werk voort te sit,” het Ilze gesê.

Sy is van plan om die skole te betrek sodat leerders as deel van die lewensoriëntering vak betrokke kan raak. Sy het ook planne om met die Heidelberg Hope organisasie hande te vat.

Vir meer inligting of om betrokke te raak kan Ilze by 079 850 4791 gekontak word.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button