Local newsSchools

Solidariteit fokus op boeliery

Braaf die Boerboel het ook vir die opgewonde leerders ‘n nuwe anti-boelie dans geleer.

Solidariteit Helpende Hand is tans besig met ‘n anti-boelie veldtog en span vir Braaf die Boerboel in om kinders by skole te besoek.

Die Heidelberg-tak van Helpende Hand het Laerskool AG Visser se junior leerders op 19 April besoek.

Braaf die boerboel leer leerders om op te staan teen boeliery.

Mariolette Vorster, streekvoorsitter van Helpende Hand het ook die jong leerders tydens die besoek toegespreek.

“Om te boelie is nie reg nie en as julle van iemand weet wat ander boelie moet julle dit aanmeld,” het Vorster gesê.

Helpende Hand se Oos Rand streek organiseerder, Mariolette Vorster het die leerders toegespreek.

“Wees braaf soos Braaf die Boerboel en laat ons die boelies gerapporteer kry aan die toepaslike owerhede.”
Braaf die Boerboel het ook vir die opgewonde leerders ‘n nuwe anti-boelie dans geleer.

Braaf die Boerboel en Helpende Hand Heidelberg se taklede.
Mariolette Vorster en Braaf die Boerboel doen die superheld dans saam met die leerders.

Related Articles

 
Back to top button