Local newsSport

Balfour hengelklub spog met groottes

Met die kompetisie by Rosslee, Vaaldam het 22 lede deelgeneem en in totaal 258 visse in die nette gekry.

Die Balfour Hengelklub het die afgelope twee maande heelwat groot visse uitgetrek en lede kon ook spog met ‘n paar persoonlike bestes.

Tydens die kompetisie van 2 Mei wat by Draaifontein, Vaaldam, plaasgevind het, het 21 lede van die klub deelgeneem en ‘n totaal van 166 visse uitgetrek met ‘n gesamentlike gewig van 181.67kg.

Kallie Kriel het die swaarste karp gevang met ‘n gewig van 3.57kg en die swaarste graskarp was deur Dirk Roos gevang met ‘n gewig van 8.31kg.

Frikkie Nel het met ‘n gewig van 0.73kg die swaarste moddervis uitgetrek, Jaco Nel die swaarste baber wat 9.41kg geweeg het en die swaarste geelvis het aan Ben Collinet behoort met ‘n gewig van 0.33kg.

Die wenners was:

Seniors: Dirk Roos was eerste met 14 visse (20.76kg), tweede was Frikkie Nel met 12 visse (13.95kg) en derde Luan Muller met 13 visse (11.61kg).

Die vroue wenners was in eerste plek Ingrid Kriel met 10 visse (6.18kg), tweede was Deidre Nel met vyf visse (8.57kg) en derde Darell Roos met agt visse (4.64kg).

Die junior wenners was in eerste plek Kallie Kriel ses visse (13.82kg), tweedeArno Pretorius sewe visse (7.53kg) en derde Anthony Muller vyf visse (8.75kg).

Met die kompetisie by Rosslee, Vaaldam op 6 April het 22 lede deelgeneem en in totaal 258 visse in die nette gekry wat gesamentlik 113.72kg geweeg het.

Riette Dercksen met haar graskarp.

Die wenners vir die dag was:

Seniors: eerste Bennie Kriel 28 visse (18.64kg), tweede Heine Terblanche 22 visse (11.69kg) en derde Jaco Nel 13 visse (13.93kg).

Die vroue wenners was eerste Ingrid Kriel met 20 visse (4.26kg), tweede Darell Roos 15 visse (5.74kg) en derde was Riette Dercksen 10 visse (8.09kg).

Die junior wenners was in die eerste plek Jayden Nolte 19 visse (2.87kg), tweede Kallie Kriel 17 visse (2.44kg) en derde Christiaan Nel vyf visse (2.24kg).

Die volgende kompetisie sal op 4 en 5 Mei by Rooibult, Vaaldam plaasvind.

Vir meer inligting kan Lukas Stolz by 084 757 6058 gekontak word.

Kallie Kriel spog met sy sak vis.

Related Articles

 
Back to top button