Local news

Dorp van die jaar toekenning wink

Die gemeenskap kan steeds stem om die dorp se, kans te verbeter.

Heidelberg is in rep en roer danksy vele inwoners wat hulle deel doen om die dorp reg, skoon en netjies te kry.

Tesame met Heidelberg Hope en verskeie belanghebbende groepe wat saamstaan kan daar reeds ‘n groot verskil in Heidelberg bespeur word.

Slaggate word reg gemaak.

Weeklikse skoonmaak projekte, waar die gemeenskap self inspring en dele van Heidelberg skoonmaak, het ‘n algemene gesig geword en lewer inderdaad ‘n positiewe uitslag.

Van die groepe, wat Rensburg Trots, Skoon Heidelberg en Ngoepe Ratanda Groep insluit, bring gereeld hul kant om die verfraaiing van Heidelberg te bewerkstellig.

‘n Groep vrywilligers wat op een van vorige die skoonmaak dae hand bygesit het.

Die ‘Neem ‘n sypaadjie aan’-projek, besighede wat self die strate se verkeerslyne verf, slaggate regmaak en selfs straat kunswerk doen, dra alles by tot die verfraaiing van die dorp.

Daar heers ook groot opwagting en opgewondenheid oor die dorp se insluiting in die halfeindrondte van Kwêla se Dorp van die jaar.

‘n Groep vrywilligers saam met Skoon Heidelberg se groep.

Die finaliste word op 28 April aangekondig en elkeen van die dorpe in die finaal sal lugtyd op Kwêla gegun word.

Die gemeenskap kan steeds stem om die dorp se kans te verbeter deur die woord HEIDELBERG na 33157 te SMS.

Hope vullis word bymekaar gemaak en verwyder.

Persone wat meer te wete wil kom oor Heidelberg Hope kan ‘n e-pos stuur na info@heidelberghope.co.za of skakel 066 492 1337.

Vrywilligers help om Heidelberg skoon te kry.

Related Articles

 
Back to top button