Local newsSport

Nigel Rugbyklub kry die wind van voor

Nigel staan nie terug vir groter spanne nie.

Nigel Rugbyklub se eerste en tweede spanne het in die Valke se Presidentsbeker in die halfeindrondte teen Vereeniging Rugbyklub te staan gekom.

Die wedstryde was op 20 April in Vereeniging beslis.

Nigel se eerste span het die wind van voor gekry en moes met 61-16 die aftog blaas.

‘n Pluspunt is dat Nigel nie terugstaan teen spanne wat in ‘n hoër liga speel nie en het deurentyd hul bes gedoen.

Die span se punte was aangeteken deur Steven Kok (drie); Steven Kok (doelskop) en Steven Kok (strafdoele).

Nigel se tweede span het 28-16 teen Vereeniging se tweede span verloor.

Die span se punte was aangeteken deur K Schutte (drie)|, Handerik Deyzel (doelskop) en Handerik Deyzel (drie strafdoele).

Nigel Rugbyklub speel hulle laaste wedstryd in die Presidentsbeker vir derde of vierde plek teen NWU Vaal. Die wedstryde gaan in Vanderbijlpark plaasvind.

Related Articles

 
Back to top button