Local news

Heigel Fotoklub wys hulle April wenners aan

Fotos is 'n oomblik wat verewig vas gevang word.

Die Heigel Fotoklub het uit meer as 40 inskrywings die wenfoto’s vir April aangekondig.

Die tema vir April was ‘High Key’ in swart en wit gewees.

Die wenners was:

Tema foto: High Key: Looking ahead deur Eugene Viljoen.

Beste algehele foto: Sondagsrokkie deur Ineke Kleingeld.

Beste junior foto: Tweeling deur Lukas van der Merwe.

Persone wat belangstel om by die klub aan te sluit of meer inligting verlang kan die voorsitter, Francois van Jaarsveld by 083 659 9657 kontak.

Heigel Fotoklub lede kom weer op 8 Mei bymekaar.

Junior wen foto: Tweeling deur Lukas van der Merwe.
Algehele wen foto: Sondagsrokkie deur Ineke Kleingeld.

Related Articles

 
Back to top button