Local newsSport

Top hoogspring afrigter is reg vir die nuwe seisoen

Talle hoogspring atlete as al deur Henning Snyman afgerig.

Die bekwame hoogspring afrigter, Henning Snyman staan gereed om afrigting te bied vir die nuwe atletiek seisoen.

Snyman gaan vanaf 6 Mei elke Maandag en Woensdag van 14:30 tot 15:30 hoogspring afrigting op die Hoër Volkskool se veld aanbied.

Henning Snyman is al jare betrokke by hoogspring afrigting van skool atlete en wil nou sy kennis beskikbaar stel vir enige atlete van o9 en ouer wat hoogspring as ‘n sport wil beoefen.

Snyman het in 1988 sy hand in die afrigtingspoel gesteek en sedertdien jaar in en jaar uit top hoogspringers afgerig.

Hy kan op sy CV ook spog met die feit dat hy al verskeie Suid-Afrikaanse hoogspring sterre in die verlede afgerig het.

Drie Suid-Afrikaanse kampioene, twee wat SA by die Afrika Spele verteenwoordig het asook een Junior Olimpiese hoogspringer tel onder sy suksesverhaal.

Ruan Claasen het SA in Australië verteenwoordig. Karel Olwage en Bianca Erasmus was in die SA Afrika Spele span en Bianca Erasmus het ook deelgeneem aan die Junior Olimpiese Spele in Argentinië waar sy 12de geëindig het.

“Ek wil die hoogspring atlete van alle ouderdomme help om nuwe hoogtes te bereik en hul hoogspring drome te verwesenlik,” het Snyman gesê.

Belangstellendes kan vir Snyman kontak by 084 510 5072.

Related Articles

 
Back to top button