Local news

Prontuit: Van visvang kan jy vir Lucas min vertel

Balfour Hengelklub bestaan reeds 71 jaar en het 'n ryk geskiedenis.

Die Heraut leer ons mense ken en het die week met Lukas Stoltz (63) gesels.

Lukas is die voorsitter van die Balfour Hengelklub.

Hy is getroud met Sarita en die egpaar het drie kinders wat almal getroud is en hulle het twee kleinkinders.

Hulle woon reeds 32 jaar op die plaas Klipfontein tussen Nigel en Balfour.

Lukas vertel dat hy langer as 20 jaar lid is van die Balfour Hengelklub en was reeds ‘n lid as kind ook.

“Aangesien ek reeds voorheen aan die klub behoort het wou ek graag weer betrokke raak en kwaliteit tyd saam met die kinders spandeer,” het Lukas vertel.

Sy pa het hom vanaf vyf-jarige ouderdom geleer hoe om te hengel.

Balfour Hengelklub bestaan reeds 71 jaar en het ‘n ryk geskiedenis.

“Die klub maak voorsiening vir sosiale sowel as provinsiale hengelaars.

“Dit is soos ‘n groot familie. Dit gee jou die geleentheid om kwaliteit tyd in die natuur deur te bring en die skepping te waardeer. Dit is ontspannend,” het Lukas vertel.

Hy werk nog voltyds as finansiële bestuurder by Karan Beef en spandeer tyd op die plaas tussen die beeste en in die natuur.

Een van sy ander stokperdjies is muurbal wat hy gereeld beoefen.

Lukas hou graag vakansie in die Wes Kaap of in die bosveld solank daar ‘n warm swembad is.

Sy gunsteling kos is pap en braaivleis en hy sal graag nog die land wil toer met sy karavaan.

Related Articles

 
Back to top button