Local news

Die Bornman’s vier 60 jaar saam

Die egpaar glo dat vrede, liefde en geloof hulle deurgedra het om die mylpaal te bereik.

Barend (Borrie) Bornman (88) en Elsje (néé van Breda) (86) het onlangs hul 60st huweliksherdenking gevier.
Oom Borrie en tannie Elsje is op 5 April 1964 in Pretoria getroud.

Barend is op ‘n plaas in Excelsior, Vrystaat gebore en Elsje het in Linden, Johannesburg groot geword.

Die ontmoeting was die gevolg van Barend se niggie wat in Linden gewoon het wat hulle aanmekaar voorgestel het.

Tydens hulle troue was Barend ‘n predikant by die NG Gemeente in Weenen, Natal en Elsje het skool gehou in Phalaborwa.

Oom Borrie het oor die 40 jaar in vyf gemeentes gedien, waarvan twee sending gemeentes was.

Barend en Elsje Borman is op 5 April 1963 in die huwelik bevestig.

Hy was ook op direksies van spesiale skole en het ook in die Sinode se Sendingskommissie gedien.

In 2001 het Barend by Boksburg se Moeder Gemeente die tuig neergelê en afgetree.

Elsje het op haar beurt in baie skole asook ‘n kollege onderrig gegee en het ook in 2001 afgetree.

In hulle vrye tyd het Barend dit geniet om pluimbal te speel en Elsje het tennis as sport beoefen.

Barend het ook vir ses jaar half edel sierstene geslyp wat in juwele omskep was en op landbouskoue verkoop.

Van die Borman’s se troufotos in hul troualbum.

Die Bornman egpaar het vier kinders in die lewe gebring; een dogter en drie seuns.

Hull het ook ses kleinkinders, wat almal nog woonagtig en werksaam in Gauteng is.

Die Bornman’s woon reeds die afgelope 22 jaar in die Overkruin woonbuurt in Heidelberg.

Om die spesiale mylpaal in hul lewe te vier is daar ‘n Diamant bruilof gedenkviering by die Rooihaan Kafee by Suikerbos Oord gehou.

Vriende en familie het van ver en wyd gekom om die geleentheid saam met die egpaar te vier.

‘n Tafelmatjie wat spesiaal gemaak is vir die herdenking.

Die Bornman’s verhuis eersdaags self na Suikerbos Oord toe.

“Ons is uiters dankbaar oor God se onverdiende en oorvloedige genade. Vrede, liefde en geloof in ons Here het ons staande gehou. Ons loof en dank Hom daarvoor,” sê die Bornman’s.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button