Local newsSport

NWU Vaal te sterk vir Nigel

President Beker vierde plek vir Nigel Rugbyklub.

Nigel Rugbyklub het die afgelope naweek in die Presidents Beker teen NWU Vaal te staan gekom.

Die wedstryd was om te bepaal watter spanne derde en vierde in die algehele toernooi gaan eindig.

Die wedstryde was by NWU se veld in Vanderbijlpark gespeel.

Nigel se eerste span het moedig probeer maar moes die aftog blaas met 72-35.

Die span het in ‘n klipharde wedstryd hul man gestaan. NWU was net te sterk op die dag.

Die wedstryd het aan beide kante gevloei as gevolg van goeie dissipline en goeie sportman gees.

Nigel se punte is as volg aangeteken:

Drieë: Kevin Schutte en Simphiwe Jange. Doelskoppe: Nico Colyn (2). Strafskoppe: Nico Colyn (7). Colyn teken altesaam 25 punte in die wedstryd aan.

Nigel se tweede span het nie ‘n goeie dag op die vel beleef nie en met 85-0 die aftog teen NWU Vaal se tweede span geblaas.

“Ons wil graag elke speler bedank vir hulle deursettingsvermoë en goeie gesindheid tydens die toernooi,” het Nigel se afrigters Alan Chapman en Gideon Fick gesê.

“Om vierde te eindig in die toernooi is voorwaar ‘n goeie teken van n goeie span. Ons wil ook elke speler bedank vir hulle vasberadenheid en uithou vermoë.

“Ons is voorwaar trots op julle en ook op elke ondersteuner van die klub.”

Op 4 Mei begin die Valke Merlin Liga en Nigel skop af teen Benoni Northerns in ‘n tuis wedstryd op John Vorster Stadium in Nigel.

Die eerste en tweede spanne sal in aksie wees.

Related Articles

 
Back to top button