Prontuit: Saam maak ons ‘n verskil sê Frik
Frik glo daar is baie organisasies waarby elke inwoner betrokke kan raak.
Die Heraut het dié week met Frederick Antonie Johannes van Niekerk (65) die derde of net Frik, soos hy in die gemeenskap bekend is, gesels.
Frik glo aan gemeenskapwerk en was vir bykans drie jaar voorsitter by Solidariteit Helpende Hand.
Hy was einde 2023 verkies as waarnemende voorsitter van die Suid-Afrikaanse Weermagvereeniging, Eenheid Suikerbos (Heidelberg), en in Januarie 2023 as voorsitter.
Hy is die trotse pa van drie seuns, Niël, Ederick en Cobus. Sy kleinseun, Zian, wat in die Kaap woon, is sy oupa se hartklop en sy tweede kleinseun, Duan is op pad.
“Vir beter seuns kon ek nie vra nie. Al drie het Cravenweek rugby gespeel, my oudtse seun was hoofseun, dux leerling en ook hoofseun van die Canatre kinderkoor,” het Frik vertel.
Frik het grootgeword in Alberton en is in 1980 wermag toe.
Hy woon die afgelope 20 jaar in Heidelberg en sien om na sy ma wat 86 jaar oud is.
Sy gemeenskapwerk het by Solidariteit Helpende Hand begin.
“Ek het as voorsitter Solidariteit Helpende Hand bedank sonder enige werklike rede, ek het self nie geweet hoekom nie,” vertel hy.
“God het ‘n ander plan met my gehad en my pad gelei na die Suid-Afrikaanse Weermagvereeniging (SAWV), Eenheid Suikerbos (Heidelberg).
“Dit was ‘n ernorme uitdaging, en het ek geweet harde werk lê voor. Ek kan met trots bevestig dat my bestuurspan, pligsgetrou, hardwerkend en vol lewenservaring en kennis is om hulp te bied aan, eerstens veterane, maar ook die gemeenskap,” het Frik vertel. Hy is ook intussen verkies is tot visie-voorsitter van Sektor Wilger wat bestaan uit eenhede vanaf Vanderbijl, Vereeniging, Meyerton, Kliprivier en Heidelberg.
Gemeenskapsdiens is nie vir Frik werk nie.
“Sodra ‘n mens gemeenskapsdiens lewer, word dit jou hele lewe. Dit neem alle tyd in beslag, word jou stokperdjie en deel van jou daaglikse bestaan,” het hy vertel.
Hy het genoem dat dit vir hom ‘n plesier is om die gemeenskap te dien met die talente waarmee hy geseën is.
Hy het met trots vertel van die Edelvalk projek wat hom beywer om gestremdes te help.
“Deur iemand te help met ‘n loopraam om ‘n redelike normale lewe te lei, is ‘n voorreg,” het Frik gesê.
Die projek het die afgelope jaar deur die land meer as 71 mense gehelp wat op een of ander wyse wat gestremd is.
Alhoewel die koste vir so projek hoog is, gaan dit nie oor wat dit kos nie maar in die prys van verandering in ‘n gestremde se lewe het Frik vertel.
Hierdie projek is afhanklik van skenkings en borge om die diens te kan doen en Frik vra die gemeenskap om rolstoele, looprame, krukke en enige apparaat vir ‘n gestremde, ongeag die toestand te skenk. Frik en mede-lede van die projek doen self die herstelwerk, en ploeg weer terug in die gemeenskap.
Verder is hulle ook betrokke by die jeug en erfenisprojekte.
“Heidelberg is ‘n dorp ryk aan geskiedenis, en dus is erfenis bewaring baie belangrik. Ons eerste erfenis projek was die Bakoond. Ons is besig met die volgende projek waar die ou klip preekstoel by Hoër Volkskool staan en naas ons betrokkenhied by die gemenskapspolisieforum (GPF) bied ons ons ook berading en pastorale sorg deur kundige mense,” het Frik vertel.
Frik is ‘n nederige mens met lewenservaring wat hy gebruik om sy gemeenksap te dien.
“Ek hou nie daarvan om te praat van ‘ek’ nie. Ek is eintlik niks sonder genade van Bo en hulp van ander nie,” het hy gesê.
Op 65 was Frik al deur die lewe, en het baie dinge ervaar.
Hy vertel van sy grootword tyd waar daar op ‘n koolstoof vuur gemaak was vir warm water om te kan bad, hoe hulle gesin saam in die kombuis gekuier het en in die winteraande voor die koolstoof na Die Du Plooys van Soetmelksvlei geluister het.
Hy beskryf dit as dae wat hy nooit sal vergeet nie en waarmee hy met heimwee terug kan dink na sy eerste werk, getroude lewe, geboorte van sy kinders en hul grootword jare.
“Jou verlede en ervarings vorm die mens wat jy vandag is, en met heimwee besef jy jou lewe was interessant.
Die gisters wat verby is, was ‘n wonderlike ervaring wat altyd jou sal bybly,” het hy vertel.
Frik glo daar is baie organisasies waarby elke inwoner betrokke kan raak, en daaruit ‘n diens kan lewer vir sy medemens.
Nie almal het dieselfde belangstelling nie, maar, daar is ‘n organisasie waarin jy as mens, oud en jonk kan aansluit.
“Vergeet van jou eie selfsug, jy beteken baie meer as dit. Wees bewus van organisasies in Heidelberg, raak betrokke.
Dit gaan jou lewe en insig verander. Heidelberg se mense is goedhartige mense wat saamstaan.
Organisasies soos die Voortrekkers, Heidelberg Hope, Helpende Hand, GPF, SAWV Eenheid Suikerbos, Masincendane Club, die outistiese sentrum, ATKV, Afriforum Vroue Landbou Unie en elke ander kleiner organisasie maak ‘n groot verskil.
“Daar is iets vir almal, raak betrokke. Vergeet van die eie ek, kom ons staan saam. Saam maak ons ‘n verskil,” het Frik afgesluit.



