Local news

Liefde ‘kosmos’ niks – Wees kreatief en bederf jou ma op Moedersdag

Onthou, dit gaan nie oor die grootte van die geskenk nie, maar oor die liefde en aandag wat jy daarin sit.

Onthou Moedersdag is op 12 Mei.

Moedersdag is ‘n geleentheid om jou waardering aan jou ma te wys, sonder om noodwendig ‘n groot bedrag geld te bestee.

Hier is ‘n paar kreatiewe idees om Moedersdag vir jou ma spesiaal te maak:

• As jy ‘n mooi tuin het, pluk vir haar ‘n bossie blomme uit jou tuin en omskep dit in ‘n mooi ruiker. Jy kan selfs kosmos langs die pad pluk want liefde ‘kosmos’ niks.

• Daar is organisasies soos kinderhuise, die Vroue Landbou-Unie, bejaardesorg eenhede, skole, Helpende Hand, wat bekostigbare items maak om fondse vir hul in te samel. Bestel iets by hulle, en bederf jou ma terwyl jy jou gemeenskap ondersteun.

• Maak vir haar ontbyt en bedien dit in die bed, al is dit net ‘n roosterbroodjie. Dit is die klein dinge wat tel.

• Skryf vir haar ‘n briefie of briefies en sit dit in ‘n plakboek met foto’s.

• Gee vir haar ‘n item van jouself. Dalk het sy voorheen genoem hoe mooi dit is, gee dit vir haar as ‘n sentimentele geskenk en gebaar.

• Vat haar om te gaan stap en bid vir haar onder ‘n boom of tussen die natuurskoon.

• Gaan kuier vir die vroue in bejaardesorg eenhede.

• Gebruik jou gunsteling room of olie en masseer haar hande en voete.

• Lees vir haar verhale uit die Bybel soos in Spreuke 31 oor die waarde van ‘n vrou.

• Kyk saam met haar, haar gunsteling fliek van haar jong dae of luister na van haar gunsteling liedjies

• Laat jou verbeelding vloei! Onthou, dit gaan nie oor die grootte van die geskenk nie, maar oor die liefde en aandag wat jy daarin sit.

Wat is ‘n Ma

Dit is die vrou wat jou in die lewe gebring het

Die een wat jou as baba versorg het

As kind saam jou op die vloer gespeel het

Die een wat omgesien het na jou behoeftes

Kos, klere, arms vol liefde en allerhande lekker goeters

Sy is daar vir jou

As jy huil, huil sy saam

As jy lag

Jubel haar hart

Sy sal enigiets vir jou doen en berge versit as sy kan

Niks wat jy haar vra om te doen is ooit te veel

Sy gee so baie om

Sal van haar eie behoeftes steel

Net om by haar kind te kom

Niks kan haar ooit vervang

Haar liefde is onbaatsugtig

Sy het geduld oneindig

Haar omgee het ook geen perke

En haar opgee..heeltemal onwaarskynlik

Sy is die anker van die gesin

Word deur haar man en kinders bemin

Sy vra nie vergunning vir wat sy doen

Net ‘n stywe druk en soen

Wat doen ‘n kind om dankie te sê vir ma

Die klein dinge is al wat sy vra

Groot en duur aardse goed

Dit is nie van belang

En word maklik vervang

Liefde, deernis, mooi woorde, ‘n hartsboodskap

Dit is goed wat saak maak en sal bly

Want ‘n ma is kosbaar

Daar is niemand soos sy

Related Articles

 
Back to top button