Berge val vas in die laaste 15 minute

Berge is gekortwiek deur beserings maar het hul man gestaan.

Heidelberg Rugbyklub het op 4 Mei in hulle eerste wedstryd in die Merlin Liga reeks gespeel.

Heidelberg het na Elsburg Rugbyklub gereis vir die wedstryd.

Die eerste span moes die onderspit afbyt teen Elsburg se eerste span en het 29-14 die aftog geblaas.

Die wedstryd was baie mededingend tot die 65ste minuut waar Berge op daardie stadium nog voorgeloop het met ‘n telling van 14-12. Elsburg het ander planne gehad en het in die laaste 15 minute 17 punte aangeteken.

Heidelberg en Elsburg rank hoog in die lynstaan.

Wat Heidelberg gekortwiek het was beserings wat verskeie sleutelspelers voor die liga begin optel het asook beserings geurende die wedstryd.

Heidelberg se tweede span het op hulle beurt die bordjies verhang en het Elsburg se tweede span laat les opsê.
Heidelberg se tweedes het die wedstryd 19-10 gewen.

In beide wedstryde kan gesien word dat Heidelberg nie gaan terugstaan vir spanne wat al ‘n geruime tyd in die Merlin liga speel nie en gaan verseker dat die spanne klippe gaan kou as hul Berge gaan onderskat.

Heidelberg Rugbyklub se volgende wedstryd is ‘n tuis wedstryd teen East Rand United.

ERU is nog ‘n nuweling in die Merlin Liga.

Stormram lopie van Heidelberg.
Exit mobile version