Local newsSport

Nigel te sterk vir Benoni

Nigel Rugbyklub groet hulle kaptein.

Nigel Rugbyklub het op 5 Mei teen Benoni Northerns in die eerste rondte van die Merlin Liga te staan gekom.

Die wedstryd was op die John Vorster Stadion gespeel.

Nigel se eerste span was veels te sterk vir Benoni en het hulle behoorlik uitoorlê. Nigel het van die veld gestap met ‘n wentelling van 33-7.

Benoni tweedes se verdediging was rotsvas gewees.

Nigel het eerste punte aangeteken deur ‘n strafskop wat suksesvol verdoel was.

Benoni het die volgende punte aangeteken toe hulle in die 30ste minuut ‘n drie gedruk het, wat ook verdoel was.
Geen ander punte was in dié helfte aangeteken nie.

Nigel Rugbyklub se eerste span kaptein Marcelle Viljoen.

Die halftyd telling was Nigel 3 – Benoni 7 met die voorsprong wat moontlik vir Benoni vals hoop gegee het.

In die tweede helfte het Nigel weer hul aanskoulike hardlooprugby begin gespeel en Benoni moes keer vir ‘n vale.

Nigel se eerstes het die meeste aanval werk gedoen.

Nigel het Benoni glad nie kans gegee op self aan te val nie en kon daarin slaag om ses drieë te druk. Geen verdere vervyfskoppe was geslaagd nie.

Nigel se span het ook vir hulle kaptein Marcelle Viljoen gespeel.

Nigel se tweede span op die aanval.

Viljoen het sy laaste wedstryd vir Nigel gespeel aangesien hy eersdaags na Australië gaan verhuis.

Dat Viljoen ‘n duidelike invloed op elke speler het is duidelik te sien en sy leierskap gaan beslis gemis word.

Punte was aangeteken deur: Drieë: Henry van Biljon (3), Andile Shange (1), Juandre van Wyk (1) en Simphiwe Jange (1). Strafdoel: Nico Colyn (1).

Nigel se tweede span moes verdeidig dat Benoni nie deurkom nie.

Leuan Cobus was die speler van die wedstryd.

Nigel se tweedes het vasgeval teen Benoni se tweedes met ‘n telling van 29-6.

Nigel se tweedes het te veel hanteerfoute in die wedstryd gemaak.

Nigel op die aanval.

Dit het op tye gelyk asof die span alles te vining probeer doen het; wat die hanteer foute geforseer het.

Daar is harde werk wat voorlê om die hantering te verbeter.

Nigel se punte het bestaan uit twee strafdoele, een elk deur Handerik Deyzel en Stephen Baartman.

Nigel het goeie aanval geleenthede gehad.

Baartman was ook aangewys as die tweedes se speler van die wedstryd.

Nigel se volgende wedstryd is 18 Mei teen Kempton Park op John Vorster Stadion.

Datums om te onthou:

Nigel Rugbyklub in samewerking met Suikerbos Rand Jeug Klub gaan op 23 en 30 Junie twee rugbyklinieke by Nigel Rugbyklub aangebied waar afrigters en spelers van die Goue Leeus Rugby Unie die spelers van die toekoms touwys gaan maak.

Op 23 Junie sal dit die 7-13 jaar spelers wees wat die rugbykliniek kan bywoon en 30 Junie is dit 14-18 jarige spelers se beurt.

Related Articles

 
Back to top button