Wat gebeur in Nigel en Heidelberg
Beplan jy ‘n geleentheid, fondsinsameling of ‘n funksie. Ons plaas dit gratis. Stuur volledige besonderhede na letitiav@caxton.co.za

HEIDELBERG
• 24 en 25 Mei
Die Kameelfees vind by die Laerskool AG Visser plaas. Talle aktiwiteite word beplan en bekende kunstenaars gaan optree. Tydens die KameelFees sal daar ook verskeie toneelstukke wees aangebied deur die ATKV en Laerskool AG Visser. Die VLU Rensburg-tak dames sal sorg vir die tee-tent. Kontak Van Zyl Schultz by 082 560 2275 vir meer inligting, om ‘n stalletjie te boek of om betrokke te raak as ‘n borg.
• 1 Junie
Suikerbos Vereniging vir Bejaardes hou vanaf 10:00 ‘n opedag om die Goue Akker Demensie eenheid bekend te stel by Freeman Straat 1, Heidelberg. Kontak Marlene Walkden by 076 921 5590 vir meer inligting.
• 8 Junie
Suikerbos Oord hou ‘n Winterdans. Kom dans jouself warm op die ritme van die Suikerbos Orkes en Rudi Kraft by die Suikerbosoord saal. 18:00. Ingang R50. Bespreek by die Suikerbos Kantoor 016 649-5180 of kontak Pieter Griffin 072 732 9025.
• 8 Junie
Laerskool AG Visser hou hul jaarlikse skaak ope in samewerking met Sedibeng. Die ope is vir alle skaakliefhebbers, nie net skoolgaande leerders nie. Sluitingsdatum vir inskrywings is 6 Junie. Kontak Marius Kruger by 084 586 4967 vir meer inligting.
Weekliks:
• Heidelberg Hope het verskeie skoonmaakgroepe in die voorstede van Heidelberg wat weekliks sorg vir die skoonmaak van die omgewing. Om betrokke te raak of by enige van die WhatsApp groepe aan te sluit, kontak Nicolene Neveling by 072 840 0205.
• Die Silveroaks parkrun vind elke Saterdag om 08:00 by Houtpoort 392, Heidelberg plaas. Drawwers en stappers word uitgenooi om die 5km roete saam met die gemeenskap te geniet. Vir meer inligting, besoek die Silveroaks parkrun Facebookblad.
• Die Suikerbosoord hou elke eerste Vrydag van die maand ‘n pannekoek fondsinsameling. Indien enige persone wil help kan hulle Marthie Greyling by 084 548 2665 kontak. Vir meer inligting, kontak Marlene Walkden by 079 974 7221.
• Die Suikerbosoord kliniek bied elke Woensdag vanaf 11:00 tot 13:00 verskeie noodsaaklike dienste aan die gemeenskap. Die kliniek is by Freemanstraat 2. Kontak die kliniek by 016 349 5180 vir besprekings asook koste navrae.
NIGEL
• 18 May
Nigel Clean-up will be selling boerewors rolls opposite the Ferryvale Spar. Community members are invited to meet the team and the sponsors and they will also have an opportunity to sign up to take part in the clean up projects.
• 1 June
Nigel Clean-up will be renovating the Kingsway park from 8:30. Anyone who want to help or sponsor the project can contact Ilze Willemse at 079 850 4791
Beplan jy ‘n geleentheid, fondsinsameling of ‘n funksie. Ons plaas dit gratis. Stuur volledige besonderhede na letitiav@caxton.co.za