Local news

Manie Jackson tree op by Suikerbos Oord

Manie Jackson bekoor Suikerbos oord.

Die bekroonde sanger, Manie Jackson het op 9 Mei ‘n draai in Heidelberg gemaak.

Solidariteit Helpende Hand Heidelberg-tak was verantwoordelik om Manie Jackson terug te lok na die Suikerbosoord toe.

Twee gelukbringers van Solidariteit, Tassie Tier en Boekies Beer het voor Jackson se optrede gesorg dat die gehoor in die regte stemming kom.

Manie Jackson vermaak die gaste.

Nico Janse van Vuuren, voorsitter van Helpende Hand Nigel-tak het die verrigtinge geopen waarna Jannie Kotze, Suikerbosoord bestuurder almal verwelkom het.

Patricia Meyer voorsitter van Helpende Hand Heidelberg-tak het gesê dit was‘n voorreg was om Manie Jackson weer in te kon ontvang.

“Ons as Helpende Hand het ‘n hart vir die ouer geslag en dit maak ons harte bly on te sien hoe elkeen die tye saam met ons geniet,” het Meyer gesê.

Tassie Tier het die gehoor vermaak.

Jackson het musiek gesing van onder andere Bobby Angel, Min Shaw, Tommy Dell, Carike Keuzenkamp, Die Briels, Dennis East, Danie Botha asook ‘n paar van sy se eie musiek.

Hy het ook ‘n duet saam met sy vrou Christel gedoen.

Nico Janse van Vuuren het die geleentheid geopen.

Jackson se boodskap aan die gehoor was, “Wees reg om jou medemens by te staan in tye van nood.

“Partykeer is dit die enigste uitweg om op ander te vertrou.

“Ons elkeen het keuses wanneer dit by kruispaaie kom. Maak die regte keuses. Dit kan jou hele lewe beïnvloed.”

Suikerbosoord se bestuurder, Jannie Kotze het almal verwelkom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button