Local news

Tannie Anne vier 98ste verjaarsdag

“Ek sal, as die Here my spaar, op 12 Mei, 98 jaar oud word en sien uit na ‘n heerlike sjokolade koek,” was Anne Jordaan se woorde tydens 'n Prontuit onderhoud met die Heraut in Januarie.

Die Heraut het Sondag, 12 Mei vir haar gaan kuier en die sjokolade koek waarna sy so uitgesien het vir haar geneem.

Sy het vertel sy het ‘n heerlike dag gehad en was lekker bederf vir haar 98ste verjaarsdag.

Anne is tans die oudste inwoner van Suikerbosoord.

Related Articles

 
Back to top button