Local newsSport

Berge knoop ERU se stert

Heidelberg druk tien drieë teen ERU.

Heidelberg Rugbyklub het op 11 Mei teen East Rand United in hulle Merlin Liga kragmeting te staan gekom.

Die spelers was oorgehaal om hulle eerste wen in die liga te behaal en hulle het verseker nie die skare teleurgestel nie.

Die eindtelling was Heidelberg 64 – ERU 7.

Daar was geen keer aan Berge se eerste span, wat 10 drieë in die kragmeting gedruk het.

Die Berge het hulle kenmerkende harde wedstryd gespeel waar die bal die meeste van die werk gedoen het en die span na willekeur met die bal gehardloop het.

Lynstaanspel tussen Heidelberg en ERU se eerste spanne.

ERU moes keer vir ‘n vale reg deur die wedstryd.

‘n Pluspunt vir ERU was dat hulle moedig probeer het ten spyte van wat die telbord gesê het en is met een drie beloon.

Die uitstaan spelers van Heidelberg is Armand Wessels, Franco Strydom en Duncan van Zyl.

Van Zyl halftyd die veld met ‘n beenbesering verlaat.

Duncan van Zyl met een van sy plettervatte.

Die skeidsregter Hendrik Wessels het sy hande vol gehad om te verseker dat dissipline regdeur die wedstryd gehandhaaf was.

Heidelberg se punte was aangeteken deur: Drieë: Nantus Mouton (1), Armand Wessel (1), Franco Strydom (4), Adrian Cilliers (1), Dancun van Zyl (1), Ronald Rice (1) en Louis Bierman (1). Doelskoppe: Armand Wessel (7).

Heidelberg se tweede span het ‘n moeilike wedstryd gehad en het 17-10 koning gekraai teen ERU se tweede span.

In die proses het Heidelberg drie drieë gedruk en met een vervyfskop geslaag.

Duncan van Zyl met een van sy plettervatte.

Berge se tweede span is sovêr nog onoorwonne in hulle Merlin wedstryde nadat hulle Elsburg ook in hul vorige wedstryd geklop het.

Wat nog beter lyk is die skare wat met elke wedstryd meer word en hul geliefde Berge rugbyspanne ondersteun.
Heidelberg Rugbyklub het ‘n strawwe Merlin Liga seisoen wat voorlê.

Die wedstrydbepalings vir die res van die Merlin Liga is:

18 Mei Heidelberg vs Sasolburg (Sasolburg).

25 Mei: Heidelberg vs Meyerton (Hoër Volkskool Heidelberg).

1 Junie: Heidelberg vs Benoni (Benoni).

8 Junie: Heidelberg vs VUT (Hoër Volkskool Heidelberg).

15 Junie: Loslootjie

22 Junie: Heidelberg vs Kempton Park (Hoër Volkskool Heidelberg).

29 Junie: Heidelberg vs Nigel (John Vorster Stadion, Nigel).

6 Julie: Heidelberg vs Nigel (Hoër Volkskool Heidelberg).

13 Julie: Heidelberg vs East Rand United (Boksburg).

20 Julie: Heidelberg vs Sasolburg (Hoër Volkskool Heidelberg).

27 Julie: Heidelberg vs Meyerton (Meyerton).

3 Augustus: Heidelberg vs Benoni (Hoër Volkskool Heidelberg).

10 Augustus: Heidelberg vs VUT (Vanderbijlpark).

17 Augustus: Loslootjie

24 Augustus: Heidelberg Kempton Park (Kempton Park).

31 Augustus: Heidelberg vs Elsburg (Hoër Volkskool Heidelberg).

7 September: Merlin finaal.

Adrian Cilliers druk sy drie.
Armand Wessel druk sy drie.
Franco Strydom is oppad doellyn toe.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button