Local newsSport

Berge verras vriend en vyand

Die tweede span is tans onoorwonner in die Merlin Liga.

Heidelberg Rugbyklub het Saterdag teen Sasolburg Kobras in Sasolburg te staan gekom in die Merlin Liga.

Heidelberg se eerste span het ‘n moeilike wedstryd 25-13 gewen.

Die span het drie drieë gedruk en ook geslaag met twee doelskoppe asook twee strafskoppe.

Heidelberg moes vir die meeste van die wedstryd met 13 man speel as gevolg van twee rooikaarte wat hulle ontvang het.

In die tyd wat Berge met 13 spelers moes klaar kom het die spelers egter hul man gestaan en nie toegelaat dat Sasolburg verder onder hulle vel inkruip nie.

Die verdediging was rotsvas en elke speler het doelgerig gespeel en die span eerste gestel.

Die telling halftyd was Heidelberg 10 – Sasolburg 8.

Lynstaan spel tussen Heidelberg en Sasolburg.

Sasolburg het in die tweede helfte probeer aanval en wou munt slaan uit die feit dat Heidelberg net 13 spelers op die veld gehad het.

Heidelberg het ander idees gehad en het nie toegelaat dat Sasolburg enige ruimte gehad het om aan te val nie.
“n Oomblik waar ons konsentrasie verloor het, het gelei dat ons die een kaart ontvang het,” het sê Jaco van Rensburg, die afrigter van die eerste span gesê.

“Dit is iets waaraan ons verseker sal werk. Om met 13 spelers vir die grootste gedeelte van die wedstryd klaar te kom spreek boekdele vir ‘n span wat vir mekaar speel en iets waarop ons almal trots kan wees.

“Dit vat ontsettende baie waagmoed om so te speel,” het van Rensburg bygevoeg.

Ronald Rice duik oor vir sy drie.

Die eerste span se punte was as volg aangeteken:

Drieë: Morne Viljoen (2) en Armand Wessels (1).

Doelskoppe: Armand Wessels (2). Strafdoele: Armand Wessels (2)

Heidelberg se tweede span vaar tans baie goed in hulle deel van die Merlin Liga.

Hulle is tans onoorwonne en as ‘n jong span het hulle vriend en vyand tot dusvêr verras.

Heidelberg het die wedstryd 34-12 gewen.

Heidelberg se tweede span op die aanval.

Die tweede span se punte was as volg aangeteken:

Drieë: Damien Grace (1), CJ Bronkhorst (2), Ronald Rice (1), Bongi Ntuli (1).

Doelskoppe: Dylan Coetzee (3), Strafdoel (1).

Heidelberg se volgende wedstryd is teen die huidige kampioene van die Merlin Liga Meyerton Rugbyklub op die Hoër Volkskool se veld.

Related Articles

 
Back to top button