Local newsSport

Nigel Rugbyklub trap Kempton Wolwe se tjank af

Harde werk is beloon op die veld.

Nigel Rugbyklub het op 18 Mei teen Kempton Wolwe in die Merlin Liga op John Vorster Stadium gespeel.

Nigel se eerste span het met ‘n telling van 34-15 as oorwinnaars van die veld gestap.

Kempton Wolwe het in die eerste helfte die spel beheer.

Die eerste punte op die bord was ‘n strafskop deur Kempton.

Olivethu Mtyali gee die bal uit na ‘n skrum.

Dit het gevolg op twee drieë en een vervyfskop.

Kempton het vir die eerste 39 minute van die wedstryd voorgeloop en het ‘n 15-0 voorsprong opgebou.

Net voor rustyd het Nigel die verdediging van Kempton gebreek en ‘n drie gedruk wat suksesvol vervyf was.
Die halftyd telling was Nigel 7 – Kempton Wolwe 15.

Kevin Schutte op een van sy stormlope.

Nigel het in die eerste helfte heel moontlik te vining probeer speel en talle hanteerfoute began.

Die tweede helfte was ‘n ander storie.

Nigel se afrigter moes hard met die spelers gepraat het want die intensiteit waarmee Nigel gewoonlik speel was terug.

Olivethu Mtyali oppad doellyn toe.

Nigel het ‘n verdere vier drieë gedruk, twee doelskoppe asook ‘n strafdoel in punte omgeskep. Die span se punte is as volg aangeteken: Drieë: Olivethu Mtyali (1), Simphiwe Jange (1), Andile Shange (2) en George Fritz (1).

Nico Colyn slaag met drie doelskoppe en een strafskop.

Die speler van die wedstryd was Keanan Mouton.

George Fritz, die tweede span se man van die wedstryd in aksie.

“Ek is trots op die span en die veggees wat hulle elke week toon.

“Die vordering en spangees spreek boekdele.

“Elke speler sit sy eie liggaam op die spel en weier om op te gee,” het Alan Chapman, Nigel eerste span afrigter gesê.

Nigel se tweede span het soos ‘n golf oor Kempton Wolwe se tweedes gespoel.

Lenton Jamani op die aanval.

Die eindtelling was Nigel 45 – Kempton Park 0.

Die tweede span het hulself van hulle vorige verloor in die liga opgetel, hard aan hulle hantering gewerk en gewys waartoe hulle werklik in staat is.

In die eerste helfte het Nigel uitstekende spel gelewer met vyf drieë en vier geslaagde doelskoppe.

Die halftyd telling was: Nigel 33 – Kempton Wolwe 0.

Kempton moes hulle keer ken om Nigel te stop.

Nigel het ‘n verdere twee drieë in die tweede helfte gedruk en een doelskop oorgeskop.

Die tweede span se punte was aangeteken deur: Drieë: Eugene Tolkin (2), Kevin Schutte (1), George Fritz (3) en Stephan Baartman (1); doelskoppe: Handerik Deyzel (5).

George Fritz was doe speler van die wedstryd.

Nigel se eerste span besig met ‘n kraglopie.

Related Articles

 
Back to top button