Local newsSport

Nigel teken ‘n sege aan oor VUT

'n Rugbkliniek vind binnekort by John Vorster Stadion plaas.

Nigel Rugbyklub se eerste en tweede spanne het verlede naweek na Vanderbijlpark gereis om teen VUT te staan te kom in die Merlin Liga.

Nigel se eerste span het 26-14 teen VUT se eerste span geseëvier.

Die span se punte is as aangeteken deur: drieë: Keenan Mouton (2), Nico Colyn (1) en Steven Kok (1) en doelskoppe: Nico Colyn (3).

Nigel se tweedes het ook hul wedstryd gewen met 26-15.

Nigel het tydens die wedstryd vier drieë gedruk en was suksesvol met drie vervyfskoppe.

Nico Colyn skop pale toe.

Nigel Rugbyklub en Suikerbos Jeug Rugby hou op 23 en 30 Junie ‘n rugbykliniek by die John Vorster Stadion.

Verskeie Goue Leeus afrigters en spelers gaan by die kliniek help om die spelers touwys maak.

JP Smith, Andries Coetzee, Ruan Smith, Johane Singwane, Dustin Ofmen, Nico Steyn en JC Pretorius sal die teenwoordig wees.

Op 23 Junie sal die 7-13 jaar spelers die geleentheid kry om skouers te skuur met die top afrigters en spelers en op 30 Junie is dit die 14-18 jaar spelers se beurt.

Persone wat meer inligting verlang Whatsapp Frans Peens by 073 558 3785 of Mandy Jones by 084 267 5651.

JP Smith, Andries Coetzee, Ruan Smith, Johane Singwane, Dustin Ofmen, Nico Steyn en JC Pretotoius sal teenwoordig wees by die rugbykliniek.

Related Articles

Back to top button