Local news

Trauma vrywilligers ontvang nodige opleiding

Die lede wat die opleiding ontvang het kan nou emosionele steun bied op tonele van plaasaanvalle.

AfriForum trauma-eenheid het onlangs 31 trauma vrywilligers van die Noordstreek opgelei om slagoffers van plaasaanvalle en geweldsmisdaad op die toneel te help.

Weens die toename in hierdie tipe misdade het die behoefte aan trauma ondersteuning toegeneem.

Magda Coetzee en Izel Kruger, trauma beraders van AfriForum se trauma eenheid, het dié vrywilligers met kennis en vaardighede toegerus.

Die 31 vrywilligers is van verskeie buurt- en plaaswagte uit Brakpan, Alberton, Apiesrivier, Benoni, Brits, Delmas, Germiston, Hartbeespoort, Kempton Park, Krugersdorp, Midvaal, Roodepoort, Secunda en Vanderbijlpark afkomstig.

Die praktiese opleiding is by AfriForum se hoofkantoor in Centurion aangebied.

Realistiese tonele is vir die kursusgangers geskep om hul vaardighede op te skerp.

“Hierdie opleiding en vrywilligers is ‘n waardevolle toevoeging tot gemeenskapsveiligheid en ons hoop dit kan nog verder uitgebrei word,” het Coetzee gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button