Local news

Barwise gesin neem finaal afskeid

Die Barwise gesin het op 22 Mei finaal afskeid geneem van hul 14-jarige dogter, Vené wat op 5 April in ’n ongeluk oorlede is.

Die tragedie het plaasgevind toe Vené, saam met haar ouers, Willem en Numelda en haar 11-jarige sussie, Berné van Hallgate na Nigel gestap het. Sy is deur ‘n aankomende voertuig getref.

Die Heraut het oor die tragiese voorval berig (Gesin in rou na kind (14) in ongeluk sterf)
Willem en Numelda, hul seun Bernard en Berné het saam met ‘n paar geliefdes Vené se as gebêre by die Hervormde Kerk in Nigel se gedenkmuur.

Vené Barwise is op 5 April oorlede nadat sy deur ‘n motor getref is.

“Ons sukkel om haar dood te verwerk,” het Numelda baie emosioneel vertel.

Willem het gesê dat hulle Vené verskriklik mis.

Bernard het sy sussie se as in die gedenkmuur geplaas en daarna is die muur toegemaak met die gedenkplaatjie
‘Die hartseer is groot maar ons weet jy lag en dans in die hemel waar jy vir ons wag’ – is deel van die skrif op haar gedenkplaatjie.

Bernard Barwise (16) bêre sy sussie se as in die gedenkmuur by die Hervormde Kerk in Nigel.

Die Barwise gesin is nederige mense wat ‘n klein bestaan het, maar ‘n hegte gesin is.

“Ons harte is nog stukkend,” het Willem gesê.

Willem het nie tans werk nie en daaglikse voorsiening en lewenskostes is vir die gesin ‘n uitdaging.

Vené Barwise se as is op 22 Mei in die gedenkmuur by die Hervormde Kerk in Nigel geplaas waar haar familie finaal afskeid geneem het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button