Local newsSport

Nigel oorrompel ERU

Nigel maak hul stem dik in die Merlin Liga.

Nigel Rugbyklub het op 1 Junie teen East Rand United Rugbyklub (ERU) in die Valke se Merlin Liga op die John Vorster Stadion te staan gekom.

Nigel eerstes het hul wedstryd 33-17 gewen.

Nigel het in die proses vier drieë gedruk, twee doelskoppe asook drie strafdoele teenoor ERU se twee drieë, twee doelskoppe en een strafdoel gekry.

In die eerste helfte het Nigel heelwat hanteerfoute gemaak, en gesukkel om hulle stempel af te druk.
Die halftyd telling was Nigel 13 – ERU 3.

In die tweede helfte het Nigel meer doelgerig gespeel en het hul dominansie in die wedstryd afgedwing.

Nigel eerste span punte is aangeteken deur:

Drieë: Keanan Mouton (1), Lwazi Jamani (2) en Reggie Thabethe (1). Doelskoppe: Nico Colyn (2). Strafdoele : Nico Colyn (3).

Die speler van die wedstryd was Odwa Gcobo.

Die tweede span het oor ERU tweedes geloop en maklik met 57-7 gewen.

Nigel het agt drieë gedruk, vier in elke helfde van die wedstryd.

Die punte was aangeteken deur:

Drieë: Consola Komen (1), Hendri Venter (2), Freedom Ngubeni (1), Henry van Biljon (2), George Fritz (1) en Stephen Baartman (1). Handerik Deyzel het ses doelskoppe suksesvol in punte omskep.

Handerik Deyzel was die speler van die wedstryd.

Nigel se rugby toekoms is blink deurdat daar genoeg spelers is vir ‘n derde span om aan wedstryde deel te neem.
Geskiedenis was gemaak met die derde span wat ‘n vriendskaplike wedstryd teen Springs o21-span gespeel het.

Dié span het egter met 19-15 verloor, maar was geensins deur die gesoute spelers van Springs oorskadu nie.

Die punte is aangeteken deur:

Drieë: Nicky Glad (1) en Beast Nkozi (1) Jannie Hough verdoel een drie asook een strafdoel.

Nigel Rugby klub speel volgende teen Elsburg Rugbyklub op 8 Junie.

Related Articles

Back to top button