Local news

Heidelberg konsentrasiekamp ontvang ‘n Blou Plaatjie

Die verskroeide aarde beleid deel van Heidelberg se geskiedenis.

Op Jeugdag, 16 Junie het Tony Burisch van die Heidelberg Erfenis Assosiasie die nuutste Blou Plaatjie vir Erfenis onthul.

Dit is no 78 in die reeks van erfenis gedenk onthullings.

Die Blou Plaatjie is toegeken aan die hoof konsentrasiekamp in Heidelberg, wat net agter die Heidelberg Winkelsentrum geleë is.

Die ander konsentrasiekampe in Heidelberg was geleë waar die weermagbasis vandag staan, en ‘n derde een aan die suid-westelike kant van Heidelberg.

Die skoolkinders voor die Gereformeeerde Kerk in Heidelberg.

Volgens inligting was konsentrasiekampe opgerig in 1900.

In die oorspronklike kamp in 1901 was daar sowat 1 200 mense.

Daarna het dit verminder tot 1 000 tot die einde van die Anglo Boere Oorlog.

Die meeste van die vroue en kinders was toe gestuur na kampe in die Natal streek.

By die hoof konsentrasiekamp was daar in die begin ongeveer 80 modderhutte en Britse tente wat die kamp gevorm het.

Dit is hoe die konsentrasiekamp gelyk het. Tussen die tente was daar ook modderhutte.

Die konsentrasiekampe was gestig gedurende die Tweede Anglo Boere Oorlog om families te huisves wat deur die Britse regering gedwing was om hul plase te verlaat.

Dit het bekend gestaan as die verskroeide aarde beleid.

Die families was gedwing om op tye in haglike omstandighede te lewe en daar was baie siektes wat in die kampe geheers het, sonder noemenswaardige mediese hulp.

Die area waar die hoof deel van die konsentrasiekamp gestaan het.

Daar was ook nie genoeg tente vir die nuwe inwoners nie. Kos was skraps en die persone in die konsentrasiekampe moes self sien kom klaar wanneer hulle nie kos gekry het nie.

In die begin het die kinders tuis onderrig ontvang maar soos die tyd aangestap het, het ‘n skool in die kampe in 1901 ontstaan. Daar was sewe onderwysers en 300 kinders.

Die skool was toe gehuisves in die Gereformeerde kerk in Heidelberg dorpsarea.

Daar is aangeteken dat daar oor die 500 sterftes in Heidelberg se konsentrasiekampe was.

Een van die fondasies van die konsentrasiekamp area wat nog sigbaar is.

Die meerderheid sterftes was kinders onder die ouderdom van 15 jaar.

Die konsentrasiekampe was ook opgedeel in blank en swart kampe. Die kamp was op 25 Oktober 1902 opgeskort.
Die bestuurder wat in beheer van die konsentrasiekampe was, was ook ‘n inwoner van Heidelberg Luitenant Arnold Allison.

Allison was met ‘n boervrou getroud. Allison was verbind aan die Verkenners Korps, en was simpatiek teenoor die boere.

Een van die areas waar die kinders gespeel het. Die klip is uithehol in die middel vir een van hulle speletjies.

Een van die gaste by die onthulling, Lorraine McGregor se familie was in die konsentrasiekamp. Nonnie van Wyk was een van die afstammelinge van die Jacobs gesinne wat groot naam in Heidelberg gemaak het.

Die borg van die Blou plaatjie was die Suikerbos Voortrekkers Kommando.

Die area waar die hoof konsentrasiekamp in Heidelberg was. In die agtergrond kan Volkskool gesien word soos dit vandag staan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button