Pa’s en kinders oefen saam
Een van die mikpunte van die geleentheid was om inwoners meer betrokke te kry by sport en oefening.
Ability Academy het op 15 Junie ‘n Jiu-Jitsu ope dag aangebied vir pa’s en hulle kinders by die Academy se gymnasium.
Die dag is aangebied met die oog op Vadersdag en het die ideale geleentheid geskep waar kinders saam met hulle pa’s aan oefeninge kon deelneem.

Stefan Pretorius, afrigter van Ability Academy het diegene wat teenwoordig was, daarop gewys dat fiksheid belangrik is en verskeie oefeninge gedemonstreer waaraan almal kon deelneem.
Nadat almal opgewarm was het Pretorius verskillende Jiu-Jitsu grepe verduidelik asook hoe om die grepe toe te pas.

Na elke demonstrasie was daar ‘n geleentheid waar die kinders die grepe op hulle eie pa’s kon toepas.
Een van die mikpunte van die geleentheid was om inwoners meer betrokke te kry by sport en oefening.





