Local news

Nuwe pastorale paar vir VEK in Heidelberg

Ons wil hande vat met die gemeenskap.

Die Volle Evangelie Kerk in Heidelberg het ‘n nuwe pastorale egpaar verwelkom.

Pastoor Ignatius Page, beter bekend as Naas, en sy vrou Lelanie bring ‘n rykdom van ervaring, ‘n diep passie vir die bediening en ‘n opregte toewyding tot die gemeenskap van Heidelberg saam met hulle.

Page (48) is in Johannesburg gebore, en het na Gqeberha (Port Elizabeth) verhuis, waar hy sy lewensmaat Lelanie ontmoet het.

Volgens Page het hul liefdesverhaal vinnig geblom en is hulle na ‘n jaar getroud.

Oor die afgelope 13 jaar het hulle ‘n lewe saam gebou wat gesentreer is op geloof, liefde en familie. Hulle het drie kinders, Natasha, Jennifer en Daniel.

“Ons het gevoel dit is ons goddelike roeping om terug te keer Johannesburg toe, waar ons lede van die Volle Evangelie Kerk van God, Randhart, Alberton geword het,” vertel Page.

Onder die mentorskap van pastoor Gerhard Swart, het Page teologie gestudeer en in 2022 aan die Volle Evangelie Kerk van God Bybelkollege gegradueer.

In Randhart het Page geblom as ‘n assistent-pastoor met sy fokus op evangelisasie.

Page se rol onder Swart het hom met waardevolle ervaring en groei voorsien, wat sy evangelistiese gees en pastorale vaardighede gekoester het.

Buite die bediening geniet Page en Lelanie kampeer en visvang; aktiwiteite wat hul liefde vir die natuur en die buitelewe weerspieël.

“Ten spyte van ons besige skedules, probeer ons kwaliteit tyd saam met ons gesin deur te bring en is betrokkenheid by gemeenskapsdiens ook ‘n prioriteit” sê Page.

Die Page egpaar se toewyding aan die welsyn van hul gemeenskap is wat hulle dryf met hul persoonlike interaksies en onwrikbare ondersteuning. Hulle bediening word gekenmerk deur ‘n wye reeks passies.

Lelanie het ‘n diepgewortelde liefde vir beide die jeug en die bejaardes, terwyl Page die fokus deel asook ‘n sterk begeerte het om die evangelie wyd te versprei.

Hul aanvullende sterkpunte stel hulle in staat om verskeie aspekte van kerklewe en gemeenskapsbehoeftes doeltreffend aan te spreek.

In uitdrukking van dankbaarheid vir die warm ontvangs van die Heidelberg gemeenskap, het Page gesê: “Ons is opgewonde om deel te word van die Heidelberg gemeenskap.

“Ons verwagting is dat mense hande sal vat met ons sodat ons Jesus se liefde aan die mense van Heidelberg kan wys, nie net deur mondelinge taal nie maar deur dade.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button