Jaco Saunders, ‘n rugbyspeler aan die Gekombineerde Skool Balfour het die o14 Oos-Transvaalse Bokkie Span by die Bokkie Week verteenwoordig.
Ongeveer 2 600 spelers van regoor Suid-Afrika het aan die pas afgelope Bokkie Week, in verskeie sport dissiplines, deelgeneem.
Tydens die toernooi het Jaco teen Noord-Transvaal, Noord-Oos Vrystaat en Vrystaat gespeel.
Jaco se gekose posisie is heelagter.
Dit is die derde keer dat Jaco Oos-Transvaal kleure ontvang het. Die vorige kere was vir o13 rugby en o13 krieket in 2023.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



