Die ATKV Heidelberg tak beplan ‘n paar geleenthede in Heidelberg om Afrikaans aan te moedig.
Vir die kreatiewe inwoners, bied hulle ‘n kunskompetisie aan in afdelings vir laerskool 6 – 12 jaar, hoërskool 13 – 18 jaar en ‘n ope afdeling vir 18 jaar plus.
Inskrywings is gratis en tekeninge moet by die Suikerbosoord Dienssentrum ingehandig word voor 30 Augustus.
Tekeninge moet ook gebaseer wees op die tema: ‘Wees die verskil’.
Tekeninge moet op A4 papier met kleurpotlode gedoen word. Die werke kan op sterker karton gemonteer word en enige kleurpotlode, behalwe waterverf potlode, mag gebruik word.
Op 31 Augustus bied die tak ook ‘n swierige fyn-tee aan.
Die oggend beloof om gevul te wees met kuns en kultuur, musiek, pret en plaaslike talent sal ook ten toon gestel word.
Vir meer inligting of om kaartjies vir die fyn-tee aan te koop, kontak Marty Jerling by 082 465 9343 of Patricia Meyer by 083 305 3577.



