Local news

Plaaslike skoonheid mik vir Amerika

Haar droom om Suid Afrika in Amerika te verteenwoordig verg harde werk en toewyding, iets wat dié jong skoonheid nie afskrik nie. Sy het reeds ‘n fondsinsamelingsfunksie gereël vir 5 Oktober.

Die plaaslike model Carisa Botes (19) wat in April gekies is om Suid-Afrika in 2025 te verteenwoordig by America Pageant, doen haar deel vir liefdadigheid.

Haar winterkombers projek in Junie het gesorg dat sy komberse en ander warm winter items vir kinderhuise en liefdadigheidsorganisasies kon skenk.

Behalwe vir komberse en klere het sy ook nie-bederfbare kos en vars groente ingesamel waarmee sy verskeie organisasies kon help om die winter effens beter te maak.

Carisa staan uit as die model met ‘n unieke styl, ‘n mooi persoonlikheid en ‘n hart vir haar gemeenskap.

Dit is juis vir dié redes dat sy bo ander gekies is om Suid-Afrika te verteenwoordig.

Carisa Botes is Saterdag tydens die Royal Star kompetisie as tweede prinses gekroon.

Op 29 Junie is sy by Springs Mall voorgestel en het ‘n onderhoud gevoer met Dolf Bester van Rumoer FM waar sy meer kon deel van haar passie en droom om Amerika toe te gaan.

Op 6 Julie het sy deelgeneem aan die Royal Star Supreme kompetisie. Sy het weereens uitstekend gevaar en is as tweede prinses gekroon.

Haar droom om Suid-Afrika te verteenwoordig in Amerika verg harde werk en toewyding, iets wat die jong skoonheid nie afskrik nie.

Sy het reeds ‘n fondsinsamelingsfunksie gereël vir 5 Oktober by die Italiaanse Klub in Nigel. Die funksie beloof om propvol pret te wees met veilings, vermaak en die Vasvat Dansorkes se musiek sal kans gun vir elkeen om ‘n draai op die dansvloer te maak.

Indien jy haar wil ondersteun, kontak Carisa by 073 538 4645.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button