Local news

Balfour ruiters sit trots in die saal

Die nasionale kampioenskappe is in sig vir die twee broers.

Twee ruiters van die Gekombineerde Skool, Balfour het gedurende die afgelope Junie vakansie aan die Western Games by Bethal se Polo Cross Klub deelgeneem.

Arno (10) en Jaco (9) Olivier het albei aan die Western Games uitdunne deelgeneem.

Daar was 10 verskillende dissiplines waaraan elkeen deelgeneem het. Die dissiplines toets elke ruiter in verskillende maniere van perdry en vaardighede.

Arno Olivier.

Beide die broers het op hulle beurt bo-op die podium in die verskillende ruiter dissiplines gestaan, waar beide ruiters binne die eerste drie plekke geklassifiseer was in hulle onderskeie items.

Die volgende Western Games, waaraan Arno en Jaco gaan deelneem, is op 2 en 3 Augustus in Badplaas en daarna kan hulle deurdring na die nasionale Western Games, wat in Oktober in Parys sal plaasvind.

By die nasionale Western Games gaan ruiters van regoor Suid-Afrika oor ses dae aan die kompetisie deelneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button