Rugbyspelers van die Laer Volkskool het was gedurende die afgelope skoolvakansie bedrywig op die veld.
Luan Taylor het aan die Bokkieweek in Kroonstad deelgeneem.
Taylor het met uitstaande spel die keurders se regmerkies agter sy naam gekry en is verkies tot die o13 Steenbokkiespan wat in Namibiƫ gaan toer.
JT Brits, Blake Haskins en Rikus Schoeman het al drie aan die Rhino Rugbyweek deelgeneem en hulself goed van hul taak gekwyt.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



