Local newsSport

Volkies draf uit vir Valke spanne

Die spelers het hulself goed van hul taak gekwyt.

Rugbyspelers van die Hoër Volkskool het gedurende die afgelope vakansie in verskeie toernooie vir die Valke op die veld uitgedraf.

‘n Groep o16 Volkie rugbyspelers was deel van die Doom Gouws week, wat op Montana Hoërskool se velde gespeel is, en was almal deel van die Valke span.

Hulle is Klaas Venter, Juandré Pretorius, Albie Botha, Tristan Munro, Jaco Botha, Jano Dietrechsen en Tyrone Munro.

Daar was ook drie rugbyspelers wat ook deel van die Valke span was, wat in Gqeberha aan die Grant Khomo week deelgeneem het.

Hulle is: Henru Coetzer, Vaughn Steynvaardt en Reuben Bothma.

Henru Coetzer, Vaughn Steynvaardt en Reuben Bothma het aan die Grant Khomo week deelgeneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button