Ability Academy se skopboksers vaar goed by toernooi
Dit was die eerste keer dat student, Thuto Majoe aan 'n kompetisie deelgeneem het.
Skopboksers van Ability Academy, onder leiding van Stefan Pretorius het op 7 September aan die Battle of the East Skopboks toernooi deelgeneem.
Die toernooi het by die Brakpan Binnenshuise Sportsentrum plaasgevind.
Die vegters wat goed gevaar het was:
Stefan Fourie (onder 89kg): tweede plek in “points” asook “continuous” en ‘n derde plek in “kicklight”.
Divan Potgieter (onder 60kg): tweede plek in “semi-points” en “continuous” en derde plek in “kicklight”.
Thuto Majoe (onder 47kg): tweede plek in “continuous” en ‘n derde plek in “kicklight”.
Die twee afrigters Stefan Pretorius en Esmerelda Zeilinga is baie tevrede met die uitslae van Ability Academy se studente.
“Ons is trots op elke student en hoe hard elkeen werk. Ek wil graag noem dat Thuto Majoe in sy eerste kompetisie deelgeneem het en dat hy bo verwagtinge presteer het,” het Pretorius gesê.