Volkies was bedrywig gedurende die vakansie
Leerders van die skool het uitgeblink in die aktiwitiete wat hulle gedurende die kort vakansie aangepak het.
Leerders van die Hoër Volkskool het tydens die onlangse vakansie aan verskeie aktiwiteite deelgeneem.
• Boogskiet
Wian Taljaard het vanaf 23 tot 27 September aan die Africa Genesis Archery (AGA) kampioenskappe te Kimberley deelgeneem.

Hy het aan die provinsiale asook skole afdeling deelgeneem.
Sy uitslae is:
Inter provinsiaal: 73ste uit 221 deelnemers.
Inter skole kampioenskappe: 52ste uit 738 deelnemers.
• Krieket
Volkies se krieketspeler, Christo Dietrechsen (Graad Agt), het aan die LPL Afdeling Een deelgeneem. Christo het vir die Knights o14-span gespeel en gewys wat in hom steek.
Tydens die toernooi het hy agt wedstryde gespeel en nege paaltjies laat kantel. Dietrechsen het ook uitgestaan met sy kolfwerk.
• Arts Inc. Eisteddfod
Verskeie van Volkskool se leerders het aan dié eisteddfod deelgeneem.
Lalie van der Merwe was ‘n item wenner in die volgende afdelings; populêre sangsolo, alternatiewe sangsolo, ligte musiek sangsolo, kontemporêre sangsolo en Afrikaanse sangsolo.
Malissa de Beer is ‘n item wenner in populêre sangsolo.
Rihané Hendriksz is ‘n item wenner in populêre sangsolo, kontemporêre sangsolo, geestelike sangsolo, ballade sangsolo, eie keuse sangsolo, en ligte musiek sangsolo. Rihané is ook die algehele wenner van die sang afdeling.
Michelle de Beer is ‘n item wenner in populêre sangsolo, en kontemporêre sangsolo.
Manjé Erasmus is ‘n itemwenner in traditionele musiek solo, geestelike sangsolo, en Afrikaanse sangsolo.
• Hokkie
Jean-Maré Roets (Graad 12) het op die hokkieveld aan die EPL Kampioenskappe deelgeneem. Tydens die toernooi het Jean-Maré vir die EPL Wolwe gespeel.




