Volkie ruiters ontvang provinsiale kleure
Beide die ruiters het goeie welslae behaal.
Twee ruiters van Laer Volkskool het die afgelope tyd trots in die saal gesit.
Milla Brits het aan die SANESA nasionale kompetisie deelgeneem en het verskeie podium plekke verwerf.
Milla het ‘n eerste plek in die equitation driegang klas en tweede plek in die driegang performance klas op haar perd De Bosch Charming Choice behaal.
Sy behaal ook ‘n tweede plek in equitation driegang op haar perd Rainbow Watch.
Met diƩ prestasies het Milla het haar Gauteng provinsiale kleure verwerf.
Dominique Steyn, het in die 50cm springkompetisie tydens die SANESA Gauteng finale met haar perd, Sweet as Honey deelgeneem.
Dominique behaal ‘n 10de plek, wat ook aan haar Gauteng kleure besorg het.




