Local newsSport
Volkies hokkiespanne sluit jaar op ‘n hoë noot af
Volkies hokkie sluit af met 'n 8-0 oorwinning.
Met die laaste hokkie wedstryde van die skooljaar agter die rug het Hoër Volkskool se twee seunsspanne hul naam hoog gehou.
Die eerste binnemuurse hokkiespan het Hoërskool Dinamika se tweede span met ‘n groot telling van 8 – 0 geklop.
Daarmee het die eerste span sewende in die binnemuurse liga geëindig.
Die junior seuns hokkiespan het tweede in die Oos-Gauteng liga geëindig.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



