Local newsSport

Volkies behaal welslae by sewes toernooi

Beide die spanne het hul beste op die veld gegee teen die ander skole.

Die o11 en o12-rugbyspanne van die Laer Volkskool het onlangs na Laerskool Northmead in Benoni gereis om aan ‘n sewes toernooi deel te neem.

Volkies o11 het hul staal gewys en deurgedring na die finaal.

In die finaal het hulle teen Aston Manor Primary School te staan gekom. Hulle het die wedstryd gewen om as wenners in hul ouderdomsgroep gekroon te word.

Die o12-span het in die plaat finaal verloor en het algeheel sesde in hulle ouderdom afdeling geëindig.

Laer Volkskool se o12-rugbyspan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button