Hengelaars wys vaardighede by Draaifontein Vaaldam
Ingrid Kriel het 18 vis uitgetrek en was aangewys as die dames wenner.
Hengelaars van Balfour Hengelklub het op 5 en 6 Oktober by Draaifontein, Vaaldam weer hul vaardighede gewys om te bepaal wie die swaarste visse kon vang.
Altesaam 25 lede het deelgeneem en 209 vis in die nette gekry met ‘n gesamentlike gewig van 227.66kg.

Die uitslag was (die wenners word van eerste na derde plek aangedui):
Senior wenners: Bennie Kriel 24 vis (42.41kg), Dirk Roos 12 vis (30.95kg), Jaco Nel 11 vis (24.49kg).
Vroue wenners: Ingrid Kriel 18 vis (12.45kg), Darell Roos 9 vis (6.95kg), Deidre Nel 10 vis (5.20kg).
Junior Wenners: Kallie Kriel 10 vis (13.72kg), Anthony Muller 6 vis (7.79kg), Zurika Nel 8 vis (3.43kg).
Die swaarste karp is deur Kallie Kriel uitgetrek met ‘n gewig van 4.07kg.
Boetie Hassen het die swaarste graskarp kant toe gebring met ‘n gewig van 3.47kg.
Die swaarste moddervis was deur Mustapha Kahn uitgetrek en het 1.02kg geweeg.
Luan Muller het die swaarste baber gevang van 0.48kg en die swaarste geelvis met ‘n gewig an 0.31kg is deur Heine Terblanche uitgetrek.
Die volgende kompetisie is by Fish ‘n Bietjie, Vaaldam op 2 November.
Vir meer inligting of om by die klub aan te sluit kontak Lukas Stolz by 084 757 6058 of Bennie Kriel by 079 888 6052



