Local newsSport
Sterkes wys wie is baas tydens armdruk kompetisie
Tasmai Schoeman het brons, silwer en goud gewen.
‘n Paar sterkes het gewys wat in hulle steek tydens ‘n armdruk kompetisie van Red Sun Arm Wrestling Klub wat op 2 November in Nigel plaasgevind het.
Die kompetisie is by die Car Bar in Nigel gehou en was deur Angelo Mall geborg.

Jonk en oud het kom wys wie se arms die sterkste is.
Tasmai Schoeman het behoorlik haar spiere gebult en het weggestap met brons, silwer en goue medaljes.

Alexa van der Nest is die organiseerder en nooi elkeen wat belangstel om by die klub aan te sluit om haar te kontak by 076 232 4671.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



