Local news

Volkies begin die jaar op ‘n drafstap

Leerders het goed gevaar binne en buite die klaskamer.

Die Hoër Volkskool het die afgelope week verskeie sport en akademiese hoogtepunte gehad.

Atletiek:

Verskeie atlete is gekies om aan die Top15 atletiek byeenkoms by Noordheuwel te gaan deelneem.

Die Top15 span is:

Dogters: Kaileigh van Wyk, Leyna Strassburg, Lize Vermeulen, Dane Marais, Jua Rautenbach, Emma Barbard, Sune Barnard, Jane Wepener. Seuns: Richard Botha, Pieter Greyling, Henru Coetzer, Pierre Cronje, Dean Last en Martin Joubert.

Redenaars:

Die skool se redenaars het sake uitgespook tydens die interne redenaars kompetisie.

Dié wenners het na strawwe deelname uitgestaan:

Die junior interne wenner is Suané Matthews met Mieka Rabie tweede en Miley Sharp in die derde plek.

Die senior interne wenner is Anéll Shepherd met Jua Rautenbach in die tweede plek en Leila de Beer derde.

Hokkie:

Charles Stirling het sy hokkie afrigting na nuwe hoogtes geneem deur as ‘n vlak drie afrigter te kwalifiseer.

Krieket:

Die eerste span het teen Randpark Ridge in ‘n T20 kwart finaal te staan gekom.

Volkskool teken 175 lopies vir die verlies van drie paaltjies aan in toe toegelate 20 boulbeurte.

Randpark Ridge het geantwoord met 165 lopies vir die verlies van ses paaltjies. Volkskool wen dus met 10 lopies.

Die uitblinkers kolwers was Maro Hartkopf met 46 en Dave Pelzer 74.

Jaco Botha het twee paaltjies vir 34 lopies in vier beurte geneem en Jaron Erasmus twee paaltjies vir 18 lopies in twee beurte.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button