Local news

Nigel steunpilaar word verras met 80ste verjaarsdag viering

Mabel was oorstelp toe sy by die deur instap en gegroet is met die koor van geliefdes wat Gelukkige Verjaarsdag gesing het.

Mabel van Staaden word beskryf as ‘n pilaar in haar gemeenskap, ‘n vriendin, mentor en bron van inspirasie vir almal wat haar ken.

Haar hart is net so groot soos haar glimlag en almal in haar lewe bewonder haar vriendelikheid en haar vermoë om ander te laat voel asof hulle spesiaal en geliefd is.

Mabel sal haar 80ste verjaarsdag op 27 Maart vier.

Tot haar groot verbasing, was daar op 15 Maart vir haar ‘n verrassingsete gereël om haar mylpaal te vier.

Johané Grobler omhels ‘n emosionele Mabel wat oorstelp was van emosie toe sy by haar 80ste verrassingspartytjie aangekom het.

Familie en vriende het ‘n verrassingspartytjie gereël, wat haar werklik stomgeslaan het.

Die onthaalplek in Nigel was elegant versier, en die atmosfeer het gestraal van liefde en waardering vir haar.

Sy is omstreeks 12:00 by haar huis gaan haal en toe sy by die deur instap, het ‘n koor van geliefdes “Gelukkige Verjaarsdag!” gesing en haar met omhelsings en trane van vreugde begroet.

Organiseerders Theresa Stolz, Marcelle Bonafe, Louise Grobler en Charlene Cornelius het die verrassing haarfyn beplan en gesorg dat elke klein detail van die tafel dekor tot die verjaarsdagkoek perfek pas by Mabel se sagtheid.

Mabel van Staaden sal 27 Maart haar 80ste verjaarsdag vier. Sy is op 15 Maart verras met ‘n partytjie waar vriende en familie saamgekom het om die mylpaal te vier.

“Mabel is ‘n dinamiese en formidabele vrou. Sy is iemand wat die wêreld om haar wil inspireer en beïnvloed deur haar unieke kombinasie van krag, wysheid en empatie,” het Theresa Stolz gesê.

Louise Grobler het Mabel beskryf as selfversekerd en beslissend, met ‘n sterk stem wat nie net gehoor word nie, maar gerespekteer word.

“Haar deursettingsvermoë en vasberadenheid dryf haar om struikelblokke te oorkom en uitdagings met moed en kreatiwiteit aan te pak,” het Grobler gesê.

“Om ‘n vriendin soos Mabel te hê is een van die soet vreugdes van die lewe. Sy is daar waar en wanneer jy ook haar nodig het, sy kan nooit nee sê nie.

Elke detail en dekor het perfek gepas by Mabel se geaardheid.

“Dankie Mabel vir wat jy ook vir Nigel VLU beteken en doen. Ons is baie ief vir jou,” is die boodskap van Anna-Marie Axer, VLU Nigel tak voorsitter waar Mabel ‘n jare-lange lid is.

“Mabel is ons rots en ons anker by VLU Nigel. Sy trap diep spore en is baie geliefd by almal wat haar pad kruis,” was Ronel Lombaard se boodskap.

Mabel self, met haar oë vol trane van dankbaarheid, het gepraat oor hoe geseënd sy voel om omring te wees deur soveel liefde.

Die organiseerders van Mabel van Staaden se verrassingspartytjie het hulle goed van hul taak gekwyt. Voor: Theresa Stolz en Charlene Cornelius. Agter: Louise Grobler en Marcelle Bonafe

Sy het laggend gesê dat sy nooit geweet het mense dink sy is só spesiaal nie. Haar woorde het almal diep geraak.

Die partytjie was nie net ‘n viering van Mabel se lewe nie, maar ‘n herinnering aan die invloed wat een liefdevolle persoon op haar gemeenskap kan hê. Mabel het die dag in die stralende lig van die waardering en liefde wat sy oor jare gesaai het, deurgebring.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button