Local newsSport

Nigel Tennisklub kry nuwe lewe met opwindende planne

Oud en jonk word uitgenooi om by die tennisklub aan te sluit waar afrigting beskikbaar is.

Die Nigel Tennisklub ondergaan tans ’n ware gedaanteverwisseling; van stilte en geen aktiwiteite tot ’n besige byenes waar talle tennisspelers kan inskakel.

Die klub is onder nuwe bestuur met verskeie opwindende planne, insluitend sosiale tennis, afrigting, en moontlike ligas in die toekoms.

Die nuwe afrigter, Joe Lodder, het groot drome vir die klub en hoe dit bestuur gaan word.

Sy planne sluit in om die tennisbane te herstel en skoon te maak, oefenmure en ligte te verskuif, en selfs Pickleball-bane aan te lê.

“Die Pickleball-bane gaan tennisspelers help om hul houe te oefen en tegnieke te slyp, maar dit gaan ook sosiaal gespeel kan word,” het Joe gesê.

Afrigting is beskikbaar vir enige ouderdom; van skoolkinders en naskoolgroepe tot ouers en selfs bejaardes.

Joe is ook die afrigter van Hoërskool John Vorster se tennisspan, wat by die Nigel Tennisklub oefen.

Nigel se tennisbane.

Om al hierdie planne te verwesenlik, sal tyd en finansiële ondersteuning nodig wees.

Joe Lodder is ’n geakkrediteerde en geregistreerde afrigter by Tennis SA.

Buiten sy betrokkenheid in Nigel, is hy ook aktief in Pretoria waar hy by verskeie klubs afrig.

In Nigel bied hy afrigting aan op Maandae, Dinsdae en naweke en tans gee hy gratis tennisafrigting op Sondae by die Nigel Tennisklub.

’n Ope dag word voorlopig beplan vir 31 Mei, waar almal welkom is om sosiaal te verkeer, tennis te speel, en die dag af te sluit met ’n lekker braai.

Vir meer inligting of afrigting, kontak Joe Lodder by 072 538 5575.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button