Local newsSport

Volkie hokkie spanne is reg vir die seisoen

Die spelers het waardelvolle ondervinding opgedoen om toe te pas in die seisoen wat voorlê.

Verskeie hokkiespanne van Hoër Volkskool het gedurende die skoolvakansie aan wedstryde deelgeneem by die Elsie Coetzer Hockey School toernooi.

Die o14 meisies het sewe wedstryde gespeel. Op die finale dag het Volkskool meegeding om as wenner van die toernooi aangewys te word. Volkskool het Oos-Moot met 1-0 in die eindstryd geklop en is as die o14 toernooi wenners gekroon.

Volkskool se o15 hokkiespan.

Spelers wat as uitstaande spelers aangewys is sluit in: Ankia Spies (beste o14 voorspeler), Kayleigh van Wyk (beste o14 skakel), Khanyisile Sibisi (beste o14 doelwagter) en Madison Webb (beste o14 speler van die toernooi).

Die o15 span het goed gevaar tydens die Bethlehem toer wat hulle onderneem het en het geen doele afgestaan nie. In die vyf wedstryde wat hulle gespeel het, het hulle altesaam 14 doele aangeteken.

Volkskool se o16 hokkiespan.

In die finaal het hulle Oos-Moot met 1-0 geklop en is ook as wenners in hul ouderdomsgroep aangewys.

Uitstaande spelers wat benoem is, sluit in Zunica Duvenage (beste o15 voorspeler), Anje Brakhoven (speler van die toernooi vir beide die o15- en o16 ouderdomsgroepe).

Volkskool se tweede hokkiespan.

Die o16-span het ook sterk deelname getoon en waardevolle ondervinding opgedoen.

Die span het in verskeie wedstryde teen ander skole se eerste spanne te staan gekom.

Die tweede span het ook ervaring opgedoen en gewys dat hulle gereed is vir die liga seisoen.

Volkskool se eerste hokkiespan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button